Jy’s meer as ’n kantoorpraktisyn –
jy’s die rede vir die kantoor se sukses!
Die Solidariteit Kantoorkampioen-toekenning is ’n spoggerige erkenning van jou stille krag, jou passie en die verskil wat jy elke dag maak sonder om ooit vir erkenning te vra. Hierdie toekenning sê: Ons sien jou raak. En ons sê dankie.
Voltooi gerus die onderstaande vorm voor 19 September 2025 om 17:00 om jou nominasie te aanvaar.
Hoe neem ek ʼn hoëgehaltefoto?
Kies ’n neutrale agtergrond Staan teen ’n neutrale, effekleurige, eenvoudige agtergrond soos ’n liggrys of wit muur – vermy besige agtergronde.
Gebruik natuurlike lig Neem jou foto in daglig naby ’n venster, maar sonder direkte sonlig wat harde skadu’s maak. Moenie met lig agter jou staan nie – dit maak jou gesig donker.
Kyk reguit in die kamera in en glimlag vriendelik ’n Warm, toeganklike glimlag wys jou persoonlikheid en professionaliteit.
Maak seker die foto is helder en duidelik Gebruik die selfoon se agterkamera vir beter gehalte, en vra iemand om jou af te neem – moenie ’n vae selfie gebruik nie.
Trek netjies aan – soos vir ’n werksdag Dra iets wat jy normaalweg werk toe sou aantrek. Jou foto moet wys wie jy is in jou professionele rol.