Nomineer die kantoorpraktisyn wat
administreer, motiveer en organiseer!
Elke span het ’n geheime wapen – daardie een persoon wat dinge laat werk, selfs wanneer alles op die rand van chaos balanseer. Hul titel mag dalk “kantoorpraktisyn” wees, maar hul invloed strek véél verder.
Dis tyd om die ware kampioene van jou kantoor te vier – dié wat met presisie beplan, met grasie multitask, en met trots hul span ondersteun. Kantoorpraktisyns is nie net admin-personeel nie – hulle is die strategiese brein agter elke georganiseerde oggend, elke suksesvolle vergadering, en elke kliënt wat met ’n glimlag vertrek.
Ken jy ’n uitmuntende kantoorpraktisyn?
Nomineer hulle vir Solidariteit se 2025 Kantoorkampioen-kompetisie en gee erkenning aan dié onmisbare spilpunt in julle kantoor. Deur iemand te nomineer, staan jy self ook die kans om een van drie Takealot-koopbewyse te wen!
Wie kan jy nomineer?
Jy kan enigiemand nomineer wat daagliks met toewyding en passie hul administratiewe rol voluit uitleef – of hulle nou die kantoorbestuurder, ontvangspersoon, assistent of datavaslegger is. As hulle die werk vlot laat verloop, verdien hulle ’n nominasie!
Moenie uitstel nie – wys jou waardering en laat jou kantoorkampioen skitter!