Kantoorpraktisyn, jy verdien ʼn aand van bederf en ontspanning! Kom netwerk en luister na ʼn motiveringspreker saam met kollegas in jou beroep.

DATUM:

13 Junie 2024

TYD:

18:00

PLEK:

Sowel As Koffiehuis, Leriba Koshuis, Endstraat 245, Clubview, Centurion, 0157

“Die sprankel en krag van vroue.” – Ds. Janine Fourie (Truter)

Janine Truter is ʼn predikant, motiveringspreker, gepubliseerde skrywer en mentor. Sy spesialiseer daarin om mense van alle ouderdomme te bemagtig. Janine bied verskeie kursusse aan om mense in hul roeping en unieke geloofsreis te lei.

Sy help ook mense met etiket en goeie maniere, asook voorkoms en styl. Dit is haar passie om mense op verskeie maniere te bereik.

Sy praat gereeld op radiostasies, preek gereeld en bied mentorskapkursusse aan. Besoek gerus haar webtuiste by www.musebyjanine.co.za vir meer inligting.

Bespreek jou plek deur die volgende vorm in te vul:

Kantoorpraktisyn-2024
Bywoning:
Checkboxes *