Veldtog: Ken jou regte 2023 Bepalings en voorwaardes

  1. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  2. Die kompetisie duur vanaf 9 Oktober 2023 tot 31 Oktober 2023.
  3. Deelname aan die kompetisie eindig ook op 31 Oktober 2023.
  4. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  5. Elke deelnemer moet die aanlyn registrasievorm voltooi om vir ’n prys in aanmerking te kom.
  6. Daar sal vyf gelukkige trekkings deur middel van ’n aanlyn program plaasvind.
  7. Die wenners van die vyf Takealot-geskenkbewyse ter waarde van R500 elk sal gekontak word om hul pryse te ontvang.
  8. Die beslissing oor die wenners is finaal en is nie onderhandelbaar nie.
  9. Die wenners sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
  10. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  11. Die wenners stem in om hulle samewerking te gee en aan al die organisasie se openbare of mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou, deel te neem. Hulle stem ook in dat hul besonderhede op die organisasie se webwerwe mag verskyn en dat hulle die dienste sonder enige betaling sal adverteer en bevorder.
  12. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en sal in ’n databasis opgeneem word, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  13. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  14. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  15. Indien Solidariteit nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae ná die finale beslissing per e-pos of telefonies te kontak nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  16. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.