Wees die beste jy in 2024!

40 ure! Dit is hoeveel tyd jy saam met kollegas op ʼn weeklikse basis deurbring. Hierdie tyd is dalk ʼn plig, maar jy kan self besluit hoeveel plesier jy aan jou werkverhoudings koppel. Kommunikasie binne die werkplek het ʼn reuse impak op jou ingesteldheid, welstand, kreatiwiteit en betrokkenheid in die werkplek en bepaal tot ʼn groot mate jou sukses.

Só, hoe smee jy bande met diegene wat jou kan help om jou loopbaan te bou?

Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se aanlyn middagete-sessie beantwoord hierdie vraag tydens die tweede Kennis en Klets-sessie wat binne die groter Wees die beste jy-reeks 2024 aangebied word. Mia Visser, ywerige entrepreneur, sake-eienaar en onderwyseres, gaan met ons gesels, en haar kennis oor kommunikasie en verhoudings met ons deel. Die volgende onderwerpe sal tydens die sessie bespreek word: 

– Verbale en nie-verbale kommunikasie. 

– Hoe om effektief te kommunikeer deur middel van verbale en nie-verbale kommunikasie. 

– Hoe effektiewe kommunikasie jou verhoudings binne die werkplek kan verbeter. 

Só indien jy meer wil weet oor hoe jy verhoudings binne sowel as buite die werkplek effektief kan aanpak, moet jy nie dié sessie misloop nie.

Kom ontdek jóú X-faktor!

DATUM:

17 April 2024

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op MS Teams

Nooi gerus jou beste vriendin, kollega of ʼn familielid om die sessie saam met jou by te woon!

Mia Visser is ʼn 25-jarige entrepreneur, sake-eienaar en onderwyseres. Sy is ’n Pretorianer in murg en been wat hier gebore is, skoolgegaan het en aan die Universiteit van Pretoria studeer het.

Haar hoërskooljare by Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria (Affies) het ’n groot rol gespeel in haar vorming as jong selfstandige vrou wat nie terugstaan vir enige geleentheid wat oor haar pad kom nie.

Om Miekeraai te begin was nie ’n bewustelike besluit vir Mia nie. Dit het ontwikkel nadat sy gesien het watter groot behoefte daar is na bekostigbare bykomstighede toe sy handgemaakte oorbelle begin verkoop het. Miekeraai het uit ’n stokperdjie gegroei tot ’n volwaardige onderneming, wat sy vanaf 2021 voltyds bedryf. Mia het haar B.Ed Grondslagfase graad in 2020 voltooi en is mal oor klein kindertjies, maar het dit opsy gesit om haar drome in die sakewêreld na te jaag.

Miekeraai se aanlyn winkel is vanaf 1 Februarie 2022 goed op dreef en Mia het haar eerste Miekeraai-winkel op 12 Mei 2023 by Cape Connection Lifestyle Village, in Pretoria geopen. Miekeraai-produkte is ook in vele dorpe se geskenkwinkels, apteke en salonne te vind.

Sy is passievol daaroor om almal op hulle mooiste te laat lyk en die Miekeraai-bykomstighede maak dit moontlik. Sy is ook op haar gelukkigste as haar hartsmense om haar gelukkig is. Mia is tans besig met haar voorkomskonsultantkursus by The South African Image Academy.

Mia se toekomsdrome sluit in om Miekeraai landswyd as handelsmerk bekend te stel. Miekeraai moet die naam op almal se lippe wees. Mia is ’n absolute voorstander van drome najaag. Sy motiveer graag jong entrepreneurs om dieselfde te doen. Mia is opgewonde vir haar tweede winkel wat in 2024 sy deure sal open.

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Kennis en klets 2
Checkboxes

Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:

Donderdag 13 Junie 2024 met Adele Botha

Tema: Wetgewing: Ken jou regte in die werkplek