

JOU BEROEP, JOU ROEPING!
Kantoorpraktisyn, vanjaar is jou jaar van groei en vervulling! Jou plek in die kantoor is van onmiskenbare waarde! Ons nooi jou na ’n aanlyn sessie met Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, op 26 Februarie 2025 om 13:00.
Ontdek hoe jy jou daaglikse werk met inspirasie en doelgerigtheid kan verrig – en hoe jý die verskil kan wees wat ander hoop gee.
DATUM:
Woensdag, 26 Februarie 2025
TYD:
13:00
DUUR:
30 minute
KOSTE:
Gratis
PLEK:
Aanlyn op Microsoft Teams
Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is ’n passievolle leier met diep wortels in die Suidwes-Vrystaat. Met vyf akademiese kwalifikasies en twee diplomas in berading het hy homself as ’n kundige op pastorale, opvoedkundige en gemeenskapsgebiede gevestig.
Hy is die skrywer van nege publikasies, insluitend die gewilde “Depressie: Struikelblok of uitdaging?”
Hannes se lewensfilosofie, naamlik “Sonder ʼn historiese bewussyn het ons geen toekoms nie”, inspireer sy werk, wat ’n tasbare verskil maak in gemeenskappe. Hy is ook by verskeie kulturele en historiese organisasies betrokke en leef sy roeping uit as mentor, rubriekskrywer en ondersteuner van ander.
Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:
Sessie 6: Donderdag 22 Oktober 2024 Spreker: Marisa Engelbrecht van Solidariteit
Tema: Konflik en konflikbestuur in die werkplek