Verhoudings met myself, my werkgewer en my kollegas

Kantoorpraktisyn, hoe belangrik is verhoudings in die werkplek vir jou? Ons nooi jou na ’n aanlyn sessie met Hannie Viljoen, Bestuurder van die Gemeenskapsjaarprogram by Solidariteit Helpende Hand, op 23 April 2025 om 13:00.

Ontdek hoe jy gesonde en produktiewe verhoudings met jouself, jou werkgewer en jou kollegas kan bou om met selfvertroue en sukses in jou beroep te skitter.

DATUM:

Woensdag, 23 April 2025

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op Microsoft Teams

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Die vorm is tans gesluit.

Hannie Viljoen

Hannie Viljoen is die Bestuurder van die Gemeenskapsjaarprogram by Solidariteit Helpende Hand en is tans besig met haar PhD in Ontwikkelingskommunikasie aan die Noordwes-Universiteit. Met jare se ervaring in opleiding, mentorskap en gemeenskapsontwikkeling, is sy passievol daaroor om mense te help om hul volle potensiaal in die werkplek te bereik. Haar kundigheid in interpersoonlike verhoudings, strategiese beplanning en professionele ontwikkeling maak haar die ideale persoon om insigte te deel oor hoe kantoorpraktisyns hul verhoudings in die werkplek kan versterk vir groter sukses en vervulling.