Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Kennis en klets 4 -hubspot toets
Checkboxes

Meesterskap in skryfwerk: Klik op KI se knoppie!

Kunsmatige intelligensie (KI) is besig om ons wêreld op sy kop te draai – dit skep ongelooflike nuwe moontlikhede! Dink net daaraan: ʼn slim skryfmaat wat in sekondes jou briewe, notules of kreatiewe idees op skrif kan stel. In hierdie praktiese sessie wys Johan Steyn vir ons hoe om KI-hulpmiddels (soos ChatGPT) in te span om slimmer en beter te skryf. 

 Kom leer op Woensdag 27 Augustus 2025 van 13:00 tot 13:30 hoe jy jou produktiwiteit kan verhoog, kreatiewe oplossings kan ontwikkel, en jou kommunikasie met behulp van KI kan verfyn. 

Johan Steyn

Johan Steyn is ʼn internasionale erkende denkleier op die gebied van kunsmatige intelligensie (KI). Hy is ʼn skrywer, akademikus en fasiliteerder wat organisasies help om KI-tegnologieë te verstaan en eties te implementeer. Sy kliënte sluit toonaangewende maatskappye soos Absa, Microsoft, Samsung en Unilever in. Johan is ook ʼn adjunkprofessor, ʼn globale KI-ambassadeur, en dien op verskeie nasionale werksgroepe vir KI-beleid in Suid-Afrika. 

Hy is bekend vir sy insiggewende artikels in publikasies soos Business Day en News24, en sy mees geleesde stuk in 2023 het ʼn nasionale debat oor die toekoms van onderwys ontketen. Met sy unieke kombinasie van tegnologiese kundigheid en mensgerigte perspektief, bring Johan ʼn vars en praktiese benadering tot KI in die werkplek.