Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Die vorm is tans gesluit.
Uitbranding: Die prys van te veel omgee.
30 Oktober 2025 om 13:00
Uitbranding neem wêreldwyd toe en vrouens in die werkplek word veral daardeur geraak. Maar hoe weet jy of jy net bietjie stres en of jy alreeds dieper in uitbranding vasgevang is?
Kom gesels saam met Johnny O’Neil, ʼn ervare organisasiesielkundige en kenner in prestasie en veerkragtigheid, in Solidariteit se volgende #KennisenKlets-webinaar oor:
- die verskil tussen stres en uitbranding,
- waarom uitbranding meer algemeen onder vroue voorkom, en
- praktiese strategieë om dit te bestuur en jou werk-lewe-balans terug te kry!
Hierdie sessie bied vars insigte en waardevolle wenke wat jy kan gebruik om jou welstand te beskerm. Maak voorbrand teen uitbranding!
Johnny O’Neil
Johnny O’Neil is ʼn bedryfs- en organisasiesielkundige met spesialiservaring in militêre en hoë-risiko-omgewings. Hy is ʼn praktisyn en fasiliteerder wat leiers en organisasies help om prestasie en veerkragtigheid onder uiterste toestande te verbeter.
Johnny se kliënte sluit onder meer die SA Leër, SA Spesiale Magte, universiteite en private organisasies in. Hy het ʼn D. Phil in Sportsielkunde en ʼn M. Soc. Sci. in Bedryfsielkunde, en het internasionaal gepubliseer en bygedra tot konferensies in Istanbul en Stockholm.
Johnny is bekend vir sy navorsing oor leierskapsprestasie, streshantering en prestasieverbetering, en bring ʼn unieke kombinasie van praktiese militêre ervaring en akademiese insig na sy werk met leiers en spanne in uitdagende omgewings.