KENNIS EN KLETS: LIEWE BAAS, SIEN MY RAAK!

Erkenning en die gevoel van behoort binne die werkplek is noodsaaklik. Dit skep selfvertroue in die werk wat ons doen en motiveer ons om te presteer. Ons hoef dit nie eers te probeer ontken nie – dit is vir ons lekker wanneer ons raakgesien word. Vir baie van ons gaan die begeerte na erkenning van ons baas verder as om bloot ons werkprestasie goed te keur. Dit gaan juis daaroor om ook raakgesien en waardeer te word vir die unieke vaardighede en eienskappe wat ons menswees vorm.

Hoe kan ons doeltreffend en op ʼn gesonde wyse verseker dat ons pogings nie net erken word nie, maar ook gevier word? Ons wil nie net oorleef nie – ons wil FLOREER!

Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se volgende aanlyn middagete-sessie handel oor die tema “Liewe baas, sien my raak!” Hannie Viljoen, bestuurder van die gemeenskapsjaar by Solidariteit Helpende Hand, gaan tydens hierdie sessie verskeie wenke met ons deel oor wat jy kan doen om uit te staan.

Die volgende onderwerpe sal tydens dié sessie bespreek word:

verskillende bestuurstyle, sodat jy jou baas beter kan verstaan

wat om te doen wanneer jou baas, weens sy bestuurstyl, jou nie raaksien nie

wenke om in die werkplek uit te staan

Craig Groeschel het die volgende gesê: “Suksesvolle mense doen voortdurend wat ander net af en toe doen”. Ons gaan kyk wat God, jou “ware baas”, van jou sê! Spreuke 22:29 sal ons begelei om nie net raakgesien te word nie, maar gevier te word. Maak dus seker jy registreer vir hierdie sessie.

DATUM:

Donderdag 29 Augustus 2024

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op Microsoft Teams

Nooi gerus jou beste vriendin, kollega of ʼn familielid om die sessie saam met jou by te woon!

Hannie Viljoen is tans die bestuurder van die gemeenskapsjaar by Solidariteit Helpende Hand, waar sy die vrywilligers wat by Solidariteit Helpende Hand hul tyd, vaardighede en ervaring aan gemeenskapsdiens toewy, bestuur en bystaan.

Sy het in 2012 haar meestersgraad in Ontwikkelingskommunikasie aan die Noordwes-Universiteit verwerf en is tans besig met haar PhD in Ontwikkelingskommunikasie. Sy is doelgerig om mense se selfkennis holisties uit te brei sodat hulle op hul toekoms voorbereid sal wees, en dit met sukses en selfvertroue kan betree. “Dit gee my groot vreugde om mense te help om hul potensiaal te ontdek,” sê Hannie.

 

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Kennis en klets 5
Checkboxes

Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:

Sessie 6: Donderdag 22 Oktober 2024 Spreker: Marisa Engelbrecht van Solidariteit

Tema: Konflik en konflikbestuur in die werkplek