

KENNIS EN KLETS: DIE TORING EN DIE BRUG: VAN KONFLIK NA SAMEWERKING
Ons voel soms in die werkplek vasgevang in ons eie “torings,” afgesonder deur konflik en misverstande. Maar, net soos in die sprokies is daar altyd ʼn brug wat ons kan oorsteek – ʼn manier om samewerking en begrip te bevorder.
Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se laaste aanlyn middagete-sessie vir 2024 handel oor die tema “konflik”. Marisa Engelbrecht, senior internasionale skakelbeampte by die Solidariteit Beweging, gaan tydens dié sessie vir ons verduidelik hoe ons konflik kan gebruik om verbindings te bou en hindernisse in die werkplek te oorbrug.
Die volgende onderwerpe sal tydens dié sessie bespreek word:
hoekom konflik so algemeen voorkom en die torings van konflik wat ons self bou;
hoe om verhoudinge te versterk deur konflik te oorbrug; en
praktiese wenke om ʼn gesonde, samewerkende werkplek te skep
DATUM:
Dinsdag, 22 Oktober 2024
TYD:
13:00
DUUR:
30 minute
KOSTE:
Gratis
PLEK:
Aanlyn op Microsoft Teams
Nooi gerus jou beste vriendin, kollega of ʼn familielid om die sessie saam met jou by te woon!
Nadat Marisa Engelbrecht vir ʼn jaar in Duitsland gewerk het, het sy haar studie aan die destydse Pretoria Technikon begin. Sy verwerf eers haar diploma en daarna haar B.Tech-graad in Internasionale Kommunikasie en later verwerf sy ook ʼn meestersgraad in Strategiese Kommunikasie.
Daarna het sy haar loopbaan in skakelwese en bemarking begin, en werk later as joernalis by die Pretoria Rekord. In hierdie tyd is sy vir verskeie Caxton- en Sanlam-toekennings genomineer. Sy het 18 jaar gelede by die Solidariteit-span aangesluit. “Dit was hier waar ek my passie vir die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste ontdek het,” sê Marisa.
Marisa is een van die medeskrywers van die boek Die Christen en sy werk. Sy werk tans by die Solidariteit Beweging Trust as buitelandse skakelbeampte.
Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Die vorm is tans gesluit.
Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:
Sessie 6: Donderdag 22 Oktober 2024 Spreker: Marisa Engelbrecht van Solidariteit
Tema: Konflik en konflikbestuur in die werkplek