Van klerk na kundige: Stap die regte pad!

As ʼn eerstejaarsklerk voel die regsprofessie dalk vir jou oorweldigend, maar jy hoef nie alleen deur al die uitdagings te werk nie. Solidariteit se regsnetwerk het splinternuwe opleidingswebinare wat vir jou die geleentheid gee om stap-vir-stap die kernvaardighede te ontwikkel wat jou sal help om jou klerkskap met selfvertroue aan te pak!

Kom gesels op 27 Februarie 2025, om 17:30 met Zinta Coetzee oor die kern van praktiese regsvaardighede wat elke klerk moet bemeester. Van die opstel van basiese dagvaardings tot die hantering van blootleggingsdokumente – ons dek dit alles!

Skryf nóú in om die tweede sessie van die
webinare by te woon:

Die vorm is tans gesluit.

Zinta Coetzee het haar LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi en daarna haar klerkskap en professionele loopbaan by dieselfde firma beoefen totdat sy as senior assosiaat bevorder is.

ʼn Kruispad het haar gelei om haar eie firma te begin waar sy nou spesialiseer in verskeie regsvelde soos, ondermeer familiereg, strafreg, derdeparty-eise en algemene litigasie.

Wat kan ek as voornemende klerk en jong regspraktisyn van die webinare verwag?

Die regte en beperkings rondom blootleggingsdokumente.

Hoe om blootleggingsdokumente te orden, indekseer en pagineer.

ʼn Basiese gids tot die onderhoudshof en ʼn voorbeeld van ʼn O/H-aansoek.

Die prosedures rondom artikel 6 en hoe om ʼn uitkoms te bereik.

Voorbeelde van noodsaaklike regsdokumente soos dagvaardings, aanmaningsbriewe, skikkingsooreenkomste en skulderkenningsooreenkomste.

Sluit aan by hierdie praktiese sessie en brei jou vaardighede uit sodat jy jou loopbaan met selfvertroue kan bou.
Jou pad van klerk na kundige begin hier!