Om in die onderwys van Posvlak 1 na Posvlak 2 te beweeg, moet jy vandag reeds begin om die vaardighede te ontwikkel wat vir die pos vereis word.
Sluit aan by die Solidariteit Onderwysernetwerk se “Loopbaanontwikkeling”-webinaar en ontdek wat dit verg om van een posvlak na die volgende te beweeg en hoe jy jouself doelbewus kan ontwikkel vir ʼn toekomstige rol as departementshoof, adjunkhoof of hoof.
Tydens die webinaar kyk ons onder meer na:
- Wat jou skoolbestuurspan van jou verwag.
- Sterk klaskamerpraktyk, kurrikulumkennis en die vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar.
- Leierskap, ondersteuning van kollegas en die ontwikkeling van mense.
- Professionele optrede, werketiek en effektiewe kommunikasie.
- Datahantering, konflikhantering, emosionele intelligensie en toewyding aan jou skool se visie.
Die kernvraag is:
“Indien ek môre as departementshoof, adjunkhoof of hoof aangestel word, watter bewyse kan ek vandag toon dat ek reeds gereed is om hierdie verantwoordelikheid te dra?”
Vir wie is die webinaar?
Vir enige onderwyser wat binne die onderwysberoep van Posvlak 1 na Posvlak 2 wil groei, vir ʼn bevorderingspos wil voorberei of die vaardighede wil ontwikkel om ʼn toekomstige skoolleier te wees.
Datum: 21 Oktober 2026
Tyd: 18:00
Plek: Regstreeks op Solidariteit-aanlyn