Die praktiese riglyne agter bindingsterapie

Maatskaplike werker, het jy geweet dat bindingsterapie méér as net ʼn teorie is? Dit is ʼn noodsaaklike hulpmiddel in jou daaglikse werk met kinders, gesinne en individue. Sluit aan en leer hoe om dit prakties toe te pas!   

Neem op 22 Julie 2025 van 09:00 tot 10:30 deel aan Solidariteit se eerste Perspektief in praktyk-sessie met dr. Louise Aucamp – ʼn gesoute kenner op die gebied van spelterapie en forensiese maatskaplike werk. Hierdie sessie bied jou die unieke geleentheid om vrae vooraf in te dien en om werklike uitdagings uit die praktyk saam te bespreek. 

 Dr. Aucamp deel praktiese riglyne en insigte oor hoe bindingsterapie in verskeie praktykomgewings suksesvol toegepas kan word. Interaksie, mentorskap en praktiese toepassing met ʼn vraag-en-antwoordsessie sal deel van die gesprek vorm. Kom leer, vra vrae en word bemagtig ter ondersteuning van jóú roeping. 

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Die vorm is tans gesluit.

Dr. Louise Aucamp

Dr. Louise Aucamp is ’n gesoute maatskaplike werker en forensiese deskundige met ’n PhD in maatskaplike werk, asook ’n meestersgraad in spelterapie (cum laude). As direkteur van die FACT Network lei sy ’n span wat spesialiseer in forensiese assessering, spelgebaseerde intervensie en kingergerigte terapie. Sy is ’n geregistreerde lid van die SACSSP en APSAC en ook ’n gereelde aanbieder van gesogte, geakkrediteerde opleidingskursusse oor onderwerpe soos binding, seksuele misbruik en kinderwelstand. Dr. Louise tree as konsultant en deskundige getuie op in komplekse kindersake en speel ’n sleutelrol in die mentorskap van jong maatskaplike werkers.