Met Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal Suid-Afrika op ‘n nasionale ramp afstuur!

Die NGV gryp jou gesondheid uit die hande van jou dokters en sit dit in die hande van die staat. Is jy bereid dat die regering besluit hóé siek jy is, wié jou dokter mag wees en wátter medikasie jy mag kry? NEE!

Dit. Stop. Hier.

Solidariteit staan reg om te litigeer!

Die NGV is niks anders as ‘n plunderfonds nie. Dit gaan nie oor sorg nie; dit gaan oor geld en jy, die belastingbetaler gaan moet opdok daarvoor. Solidariteit gaan gesondheid terugvat! Ons is hoffiks en ons is reg om die NGV voor die hoogste hof te daag.

STOP die NGV. Steun ons massa-litigasie!

#NeeVirNGV2022