Solidariteit se netwerke wat op die mediese professie betrekking het, is stewig geanker in die standpunt dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ‘n ernstige bedreiging vir medici in Suid-Afrika inhou.

Die doel van hierdie beraad is om mediese instellings, mediese verenigings en gesondheidspraktisyns in die breër mediese sektor ʼn aanlyn geleentheid te bied om die NGV te bespreek en aan hulle toegang tot die jongste navorsing te gee.

Skakel op 2 Mei 2024 om 18:30 in vir ʼn regstreekse uitsending van dié beraad.

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

NGV-beraad 2024
Checkboxes

Besprekingspunte:

NGV is onimplementeerbaar: Die sentralisasie van alle gesondheidsdienste onder staatsbeheer

NGV is onbekostigbaar: Die ekonomie en die impak op mediese fondse

Jou beroep onder die NGV: Die implikasies wat die NGV vir elke gesondheidpraktisyn inhou.

Solidariteit se regstappe: Die NGV en die sertifikaat van behoefte