Steun ons geveg en stop die NGV!

Genasionaliseerde gesondheidsorg vir Suid-Afrika is nie werkbaar nie en sal groot skade aan die mediese sektor aanrig.

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) hou nie net ʼn ernstige bedreiging vir die gehalte van gesondheidsorg en die vryheid van keuse vir Suid-Afrikaners in nie, maar dit is ook onbekostigbaar, onimplementeerbaar en onuitvoerbaar.

Om die implementering van die NGV te stop, is dit van kardinale belang dat elkeen wat deel van die mediese gemeenskap vorm, asook ondernemings wat waarde aan ʼn mediese stelsel op grond van keuse en gehalte heg, saamstaan in hierdie geveg.

Solidariteit is reg om die NGV tot in die hoogste hof te beveg, maar ons het jóú hulp nodig. Hofaksies om die NGV te stop gaan ongeveer R2,5 miljoen beloop!

Jou bydrae sal ons in staat stel om ons regstryd met die nodige vasberadenheid en vakkundigheid aan te pak, met die doel om die regte van individue te beskerm en ʼn gesondheidsorgstelsel te behou wat ons mense verdien.

Help ons om jou te help!

Solidariteit pak NGV-hofstryd voluit aan!

Solidariteit se regstryd het binne die eerste uur nadat pres. Cyril Ramaphosa die Nasionale Gesondheidsversekeringswet (NGV) onderteken het, begin.

Die NGV hou nie net ʼn ernstige bedreiging vir die gehalte van gesondheidsorg en die vryheid van keuse vir Suid-Afrikaners in nie, maar dit is ook onbekostigbaar, onimplementeerbaar en onuitvoerbaar.

Die regering wil hiermee voorskryf wáár dokters mag praktiseer, na watter dokter ʼn pasiënt mag gaan én watter medisyne voorgeskryf mag word.

Solidariteit is reg om die NGV tot in die hoogste hof te beveg, maar ons het jóú hulp nodig. Hofaksie om die NGV te stop gaan ongeveer R2,5 miljoen beloop!

Jou bydrae gaan ons in staat stel om ons regstryd met die nodige vasberadenheid en vakkundigheid aan te pak, met die doel om individue se regte en die gesondheidsorgstelsel, wat ons mense verdien, te beskerm.

Help ons om jóú te help!

R100,000 Ontvang

Teiken: R2,500,000

Teiken: R2,500,000

Gee jou donasie

"*" indicates required fields