MANDAAT TEEN DIE IMPLEMENTERING VAN NASIONALE GESONDHEIDSVERSEKERING

Ek as gesondheidspraktisyn is oortuig daarvan dat die implementering van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) geensins toegang tot gesondheidsorg gaan bevorder nie.

Die regering en die departement van gesondheid beskik nie oor die vermoë om die NGV suksesvol te kan implementeer en bestuur nie. Trouens, dit gaan my beroep kaap en in diens van die staat stel deur aan my voor te skryf wáár en hóé ek mag praktiseer.

Die implementering van die NGV is irrasioneel en stuur op ‘n ramp af. Ek as gesondheidspraktisyn sal dit teenstaan.

Hiermee gee ek (vertroulik) my mandaat aan Solidariteit om ‘n aansoek teen die implementering van die NGV voor die hof te bring.

#SêNeeVirDieNGV2023
Checkbox