Die invloed wat ʼn goeie onderwyser op leerlinge se lewe het, moet geensins onderskat word nie, maar eerder geprys en beloon word. Die gesogte Onderwyser van die Jaar-toekenning is terug om uitnemende onderwysers vir hulle edele bydrae in ons kinders se vormingsjare te vereer.

Nomineer vandag nog die onderwyser met ʼn hart van goud wat deur sy of haar empatie, wysheid en begrip leerlinge inspireer.

Wie kan genomineer word?

Kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolonderwysers kan genomineer word. Daar word ʼn Onderwyser van die Jaar-toekenning vir elke kategorie aangewys. Die onderwyser met die meeste unieke nominasies in elke kategorie sal as Onderwyser van die Jaar vir 2023 gekroon word.

Moedig dus al jou vriende, familie en mede-ouers van leerders aan om jou gunstelingonderwyser te nomineer.

Onderwyser van die jaar nominasies is tans gesluit.