KEN JY:

  • ʼn passievolle onderwyser wat warm, toeganklik en entoesiasties is;
  • ʼn leermeester wat nie skroom om die ekstra myl vir sy of haar leerders te loop nie; of
  • ʼn besondere persoon wat altyd gereed is om te leer, te dissiplineer, te luister en te troos?

Gryp dan dié geleentheid aan om die voortreflike onderwyser te bedank en te vereer vir die goeie invloed wat hy of sy op jou of jou kind se lewe het. Nomineer die onderwyser vir die gesogte Onderwyser van die Jaar-toekenning!

Wie kan genomineer word?

Kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolonderwysers kan genomineer word. Daar word ʼn Onderwyser van die Jaar-toekenning vir elke kategorie aangewys. Moedig dus al jou vriende, familie en mede-ouers van leerders aan om jou gunstelingonderwyser te nomineer.

Die nominasies is tans gesluit.