Nomineer nou jou Stadsbouer, Werkgewer of Werknemer van die Jaar vir 2025!
Klik op een van die onderstaande opsies om die nominasievorm in te vul.
Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand wil graag ʼn toekenning aan die werkgewer in Orania gee wat ʼn positiewe verskil in hul werknemers se lewens maak – iemand wat werk en welstand bevorder. Ons wil hierdie persoon/persone vir hulle toewyding en harde werk bedank. Dit kan enige werkgewer in die gemeenskap wees.
Nomineer nou die werkgewer wat jy voel ʼn betekenisvolle verskil in hul werknemers se lewens maak.
Die wenner sal op Dinsdag 9 Desember 2025 om 17:30 tydens die funksie aangekondig word.
Sluitingsdatum vir nominasies: 30 November 2025
Die wenner van die Werkgewer van die Jaar-toekenning wen ʼn kontantprys.
* Benoemer moet teenwoordig wees om in aanmerking te kom vir die gelukkige prystrekking.
Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand bekroon vanjaar wéér die Werknemer van die Jaar in Orania.
Dit is die kollega wat uit hul pad gaan om jou lewe by die werk makliker te maak, of wat altyd pligsgetrou hul deel doen – iemand wat ʼn voorbeeld is vir ander in die werkplek.
Nomineer nou die werknemer wat jy voel ʼn betekenisvolle verskil in ander werknemers se lewens maak.
Die wenner sal op Dinsdag 9 Desember 2025 om 17:30 tydens die funksie aangekondig word.
Sluitingsdatum vir nominasies: 30 November 2025
Die wenner van die Werknemer van die Jaar-toekenning wen ʼn kontantprys.
* Benoemer moet teenwoordig wees om in aanmerking te kom vir die gelukkige prystrekking.
Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand bekroon vanjaar die Stadsbouer van die Jaar in Orania. Die Stadsbouer-toekenning word toegeken aan enige persoon wat ʼn verskil in die gemeenskap maak met hul gawes, passie en omgee. Ons wil graag die persoon/persone op hierdie wyse vir hul harde werk en volgehoue toewyding bedank.
Nomineer vandag nog iemand wat jy dink ʼn groot verskil in Orania maak!
Die wenner sal op Dinsdag 9 Desember 2025 om 17:30 tydens die funksie aangekondig word.
Sluitingsdatum vir nominasies: 30 November 2025
Die wenner van die Stadsbouer van die Jaar-toekenning wen ʼn kontantprys.
* Benoemer moet teenwoordig wees om in aanmerking te kom vir die gelukkige prystrekking.