Praestantia-merieteprogram

Praestantia, wat “uitnemendheid” beteken, is ʼn gesogte merieteprogram wat akademiese prestasie en leierskap onder studente erken en bevorder. Die Praestantia Merieteprogram is ʼn inisiatief van Solidariteit, gefokus op die ontwikkeling van toekomstige leiers en professionele persone.

Kriteria vir toekenning

– Minimum akademiese gemiddeld van 75%
– Slegs die top drie studente per program kwalifiseer

Geleenthede vir deelnemers

– Deelname aan adviesrade in verskeie beroepsvelde
– Netwerkgeleenthede met kundiges in hul onderskeie beroepsvelde
– Blootstelling aan waardevolle insigte en geleenthede vir professionele groei
– ʼn Kongres vir toppresteerders
– Toegang tot Leer-kursusse
– Toegang tot die Praestantia-erevereniging

Praestantia
Aanvaar of verwerp die program
Bepalings en voorwaardes vir deelname aan die Solidariteit se Praestantia Merieteprogram