Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul:

R&R-vasvra-aand: Kennis en klits
Checkboxes
Daar kan nét een wenner wees: Rekeningkunde óf Regte. Ons glo nie jy is die beste net omdat jy so sê nie, kom wys vir ons jy is die beste en stap weg met die trofee … én ʼn Kokoriba-naweekwegbreek.

Skryf ʼn span van vier in en wys vir ons dat jy meer kan doen as somme maak en sake wen.

Besonderhede oor die geleentheid:

DATUM:

2 Oktober 2025

TYD:

18:00 vir 18:30

PLEK:

Industrial Coffee Works, Centurion

RSVP:

Voor of op 26 September 2025

Eerste plek:

Kokoriba-naweekwegbreek vir die span (4 spanlede)

Tweede plek:

R250 Takealot-geskenkbewys per spanlid.

Bonusprys:

R500 Takealot-geskenkbewys as jy voor 26 September ʼn profiel op Solidariteit se platform het.