Solidariteit wil jou graag op Sekretaressedag in styl vereer!
Sluit aan by een van ons elf streke waar ons vir jou ʼn stylvolle en inspirerende geleentheid gaan aanbied, met ʼn dinamiese spreker wat jou gaan inspireer én motiveer! Bespreek nóú jou plek vir ʼn heerlike bederfdag en ʼn geleentheid om net weer bietjie asem te kan haal.
In watter streek gaan jy Solidariteit se Sekretaressedag van 2025 bywoon?
Vir meer inligting oor Solidariteit of jou spesifieke beroepsnetwerk, besoek gerus www.solidariteit.co.za
Kontak ons
diens@solidariteit.co.za
0861 25 24 23
Bly op hoogte van Solidariteit se aksies
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Gerridene Berg, wat as spreker gaan optree, en Lorianne Heyns, uitvoerende sjef by Jéan Restaurant op die Klein Roosboom-wynlandgoed, wat almal, in ware Kokkedoor-styl, met ontbyt gaan bederf.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 09:30 vir 10:00 – 13:00
PLEK: Klein Roosboom (Tygerberg Valley-pad, Durbanville)
KOSTE: R100,00 per kaartjie vir Solidariteit-lede
R200,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na yvette@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na yvette@solidariteit.co.za te stuur.
Gerridene Berg is ʼn liefdevolle vrou, ma, prokureur en gespesialiseerde voedingskonsultant. As ambassadeur vir ʼn gesonde leefstyl en geloofsgebaseerde groei, inspireer sy ander om hul Godgegewe identiteit voluit te leef. Deur die Vol Vrou-uitdaging het sy al meer as 1 000 vroue begelei. Sy en haar man leef doelbewus ’n lewe gevul met balans, vryheid en betekenis.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Yolandi Strydom wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 08:00 – 10:00
PLEK: Cas Da Willa Lodge
KOSTE: GRATIS vir Solidariteit-lede
R100,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na kathu@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na kathu@solidariteit.co.za te stuur.
Yolandi is in 1968 in Fochville gebore. Sy en haar man, Willie, bly in Kuruman. Ná ʼn moeilike aanpassing van stad na die platteland het sy na sewe jaar besef dit is God se droom vir haar om hier ʼn verskil te maak. Sy is 57 jaar oud, getroud en het twee seuns. Op 40 het sy ’n graad in Pastorale Berading en ’n Lewensafrigitingsertifikaat behaal. Sy bedryf ’n beradingspraktyk waar sy lewensafrigting beoefen en fasiliteer by Partners for Possibility. Haar passie is om vroue te bemagtig en verhoudings te versterk.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Diana Nel wat as die spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 09:00 – 15:00
PLEK: Arboretum Primary School, Richardsbaai (Arries Nes-saal)
KOSTE: R100,00 per kaartjie vir Solidariteit-lede
R200,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na karin@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na karin@solidariteit.co.za te stuur.
Diana Nel is ʼn gekwalifiseerde rekenmeester en ouditeur, wat nie net die syfers laat klop nie, maar ook die mense agter die syfers raaksien. In 2012 het sy die Tall Trees-kursus aangepak, wat haar roeping geword het om verhoudinge te bou en mense te help om mekaar te verstaan. Sy is ʼn toegewyde vrou, ma van twee tieners, en vind die perfekte balans tussen logika en menseverhoudings.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Christel Basson wat as spreker gaan optree!
DATUM: 3 September 2025
TYD: 09:00 – 12:00
PLEK: Koekela Huiskafee, Reidstraat 17, Westdene, Bloemfontein
KOSTE: Gratis vir Solidariteit-lede
R100,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na jbarnes@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na jbarnes@solidariteit.co.za te stuur.
Christel is ʼn boorling van die Noord-Kaap en woon die afgelope 20 jaar in Bloemfontein. Sy het twee seuns en het vir 17 jaar in media gewerk. Christel is ’n avonturier in haar persoonlike én professionele lewe. Tans is sy die nasionale bemarkings- en kommunikasiebestuurder by OVK. Sy bied motiveringspraatjies en werkwinkels aan, het al boeke geskryf en glo daar is ʼn oplossing vir elke uitdaging.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Marla Louw wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 14:00 vir 14:30 – 16:00
PLEK: Friends Café, Hermansburgpad 1349, Stonehenge 310-Jt, Mbombela
KOSTE: Gratis vir Solidariteit-lede
R150,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na tiaan@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na tiaan@solidariteit.co.za te stuur.
Marla Louw is ’n toegewyde maatskaplike werker, gemeenskapsvrywilliger en privaat praktisyn in Nelspruit. Sy het ’n Baccalaureusgraad in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Pretoria behaal en is ’n geregistreerde lid van die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP). Marla is ook ’n NABFAM-geakkrediteerde familie- en egskeidingsbemiddelaar. Sy fokus op netwerkbou, ondersteuning van kinders, konflikhantering en ouerleiding. Marla is medestigter van die Mbombela Social Workers Forum en bedryf haar privaat praktyk, Pathways to Peace, waar sy konstruktiewe dialoog en genesing in gesinne en gemeenskappe bevorder.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Lynette Badenhorst wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 13:30
PLEK: Bethel Gastehuis, Beethovenstraat 4, Vanderbijlpark S. W. 5, Vanderbijlpark
KOSTE: GRATIS vir Solidariteit-lede
R100,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na nadia@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na nadia@solidariteit.co.za te stuur.
Lynette Badenhorst is ʼn dinamiese spreker, entrepreneur en leier in bediening. Met meer as twee dekades se ondervinding in die korporatiewe wêreld en bediening, het sy ’n Nasionale Diploma in Openbare Betrekkinge en Kommunikasie en verskeie ander kwalifikasies. Sy is die eienaar van MAX Tarpaulins and Supplies en die stigter van Hadassah Ministries, wat sedert 2011 lewens verander. Haar werk fokus op verhoudings, professionele ontwikkeling en geloofsgebaseerde uitreik, en haar missie is om mense te help om God se liefde te ervaar en hul roeping te ontdek.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Annetjie van Zyl wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 10:00 vir 10:30
PLEK: Roots Venue, M C Roode-rylaan 954, Potchefstroom
KOSTE: Gratis vir Solidariteit-lede
R100,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na johanve@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na johanve@solidariteit.co.za te stuur.
Annatjie is al 50 jaar getroud met Etienne en het twee dogters. Sy glo ware vryheid begin by jou denke — as jy jou gedagtes verander, verander jy jou wêreld. Haar passie is om mense toe te rus om hulle potensiaal te ontdek, leierskap te ontwikkel en hul emosionele intelligensie te versterk. Sy help mense om hoop, balans en doel in hul lewe en werk te vind.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Annelize Engelbrecht wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 08:30 – 12:00
PLEK: Lago Puccini Cafe & Lounge, Boksburg
KOSTE: R100,00 per kaartjie vir Solidariteit-lede
R200,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na rynon@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na rynon@solidariteit.co.za te stuur.
Annelize Engelbrecht is getroud met Gerhard en is die ma van twee dogters. Sy het haar studie in Teologie aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) voltooi en dien al meer as 30 jaar voltyds in die bediening. Die afgelope 15 jaar is sy by Doxa Deo Midstream betrokke, waar sy ’n betekenisvolle rol in die bedieningspan speel.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Anja Foruie wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 10:00 – 12:30
PLEK: Alveston Manor Boutique Hotel Middelburg
KOSTE: R100,00 per kaartjie vir Solidariteit-lede
R200,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na witbank@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na witbank@solidariteit.co.za te stuur.
Anja is getroud met Henrico Fourie en ma van twee lieflike dogters, Hannah-Mé en Tehillah. Gebaseer in Witbank (Emalahleni), het Anja en haar man meer as ʼn dekade spandeer om nasionaal en internasionaal te reis, aanbidding te lei en die Woord te deel. Hulle is passievol daaroor om te sien hoe mense genesing en vryheid in Jesus se teenwoordigheid ervaar. As liedjieskrywers het hulle vier albums en verskeie enkelsnitte vrygestel. Anja hou daarvan om ander deur God se Woord te inspireer en om persoonlike verhale van Sy getrouheid, liefde en voorsiening te deel.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Rhona Erasmus wat as spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 09:30 vir 10:00 – 12:00
PLEK: LOFT AT NINE, Umgazipad 9, Menlo Park, Pretoria
KOSTE: R100,00 per kaartjie vir Solidariteit-lede
R200,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na mari@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na mari@solidariteit.co.za te stuur.
Rhona Erasmus is ʼn entrepreneur, motiveringspreker, model en die eienaar van Trouvaille Boutique Day Spa. Sy het haar onderwysgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal, maar het haar ondernemingsreis in 2006 begin. Rhona glo selfversorging is die sleutel tot ʼn vervulde lewe en gebruik haar platform om vroue aan te moedig om hul drome te leef. Sy beskou tyd as haar mees waardevolle kommoditeit en is passievol oor die bevordering van introspeksie en genade.
Jou teenwoordigheid bring ritme, orde en energie na die werkplek, en Solidariteit wil graag ons erkenning en waardering daarvoor wys. Ons nooi jou uit na Solidariteit se Sekretaressedag van 2025!
Jy kan uitsien na Elmarie Booysen wat as die spreker gaan optree.
DATUM: 3 September 2025
TYD: 10:30 vir 11:00
PLEK: African Sky’s, Nassaulaan 120, Theescombe, Gqeberha (Port Elizabeth)
KOSTE: R50,00 per kaartjie vir Solidariteit-lede
R100,00 per kaartjie vir nielede
RSVP: Voor of op 8 Augustus 2025
Vir enige ander navrae, stuur gerus ʼn e-pos na pe@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na pe@solidariteit.co.za te stuur.
Elmarie Booysen het op ʼn plaas naby Delareyville grootgeword en in 1987 aan die Hoërskool Schweizer-Reneke gematrikuleer. Daarna het sy maatskaplike werk aan die Universiteit van Potchefstroom studeer. Sy is in 1993 getroud en het twee kinders. Sy was altyd betrokke by die gemeenskap en het ’n liefde vir werk met kinders ontdek, wat haar gelei het om as maatskaplike werker by die skool en kinderhuis te begin werk. In 2018 het sy ʼn gemeenskap ontmoet waar swaarkry en moedeloosheid algemeen was. Hierdie mense het haar verwelkom en haar stories geïnspireer en vandag is sy meer dankbaar a.g.v. haar ervaringe met hierdie gemeenskap.