Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk wil jou graag in styl vereer!
Sluit by ons aan vir ʼn geleentheid wat jou sal inspireer en motiveer. Bespreek nóú jou plek vir ʼn heerlike bederfdag en ʼn geleentheid om net weer ʼn bietjie asem te skep.
DATUM:
2 September 2026
TYD:
10:30 tot 12:00
PLEK:
Die Kantien, Saffierstraat, Orania
KOSTE:
R50 per persoon
RSVP:
Teen 20 Augustus 2026
Vir enige navrae, stuur gerus ʼn e-pos na sanri@solidariteit.co.za
"*" indicates required fields
*Jou RSVP word bevestig deur ʼn bewys van betaling na sanri@solidariteit.co.za te stuur.
Angel Jordaan-Otto

Angel Jordaan-Otto is die eienares van Orania Reisagentskap en woon in Orania. As vrou, ma en entrepreneur leef sy met ʼn passie vir mense, gesondheid en persoonlike groei.
Sport is van kleins af deel van haar lewe. Sy het Suid-Afrika in kaalvoetwaterski verteenwoordig en reeds op 11-jarige ouderdom ʼn sewende plek in die wêreld behaal. Haar prestasies het ook gelei tot verskynings in Huisgenoot, op M-Net se Teletien en in ʼn Cameo Silksheer-advertensie.
Ná haar sportloopbaan het sy as sportafrigter en aerobiese instruktrise gewerk voordat sy haar passie vir mense in die reisbedryf nagestreef het, waar sy al meer as 27 jaar werk. Internasionale ervaring, onder meer as ʼn au pair in Italië, het haar liefde vir verskillende kulture verder versterk.
Angel is ʼn oorwinnaar van hartaanvalle en skildklierkanker. Vandag inspireer sy ander deur haar verhaal van geloof, deursettingsvermoë en doelbewuste leefstylkeuses. Sy glo dat ware sukses gemeet word aan die verskil wat jy in ander se lewens maak.
Haar lewensraad: Kies God. Kies jouself. Kies groei. Kies dankbaarheid. Kies die lewe.