Die regering wil sektorale kodes op die regsektor afdwing wat die regsprofessie inperk en rasse- en geslagsverteenwoordiging dikteer. Die kodes bedreig die regte van regslui en beperk die vryheid van kliënte om hul eie regsverteenwoordigers te kies. Hierdie kodes stel rassekwotas daar en skep hindernisse wat die professie onregverdig benadeel.

Die Solidariteit Regsnetwerk veg teen hierdie onreg en doen ʼn beroep op regslui en regsfirmas om deel te wees van dié stryd. Jou ondersteuning help ons om ʼn sterk sterk front teen hierdie diskriminerende kodes te vorm.

Maak ʼn blywende impak op hierdie stryd. Ondersteun die petisie en wees deel van die verandering!

Sektorale kodes op die regsektor-2025
Checkboxes