Bespreek jou sitplek hier:
*Die webinaar word op 22 September 2025 om 19:00 regstreeks op Solidariteit se platform uitgesaai. Om in te skakel, registreer jou gratis profiel hier.
Wil jy verseker dat jou kind kan studeer, selfs as jy nog nie daarvoor begin beplan het nie?
Of wil jy weet watter beurse, lenings en finansiële strategieë beskikbaar is om hulle te help?
In die volgende gratis webinaar aangebied deur die Solidariteit se Skoliere-aanbod ontdek jy:

hoe om finansiële beplanning vir jou kind se studie te begin, want dis nooit te laat nie;

watter studiebeurse en lenings beskikbaar is en hoe om daarvoor aansoek te doen; en

hoe slim finansiële beplanning jou kind se drome moontlik kan maak.
Sluit aan by Solidariteit se #Studiebefondsingswebinaar
waar Durandt Serfontein, besigheidontwikkelingsbestuurder by Blignaut BlueStar Finansiële Adviesdienste, praktiese raad deel wat elke ouer behoort te hoor. Met sy ervaring in ekonomie, risikobestuur en finansiële beplanning, wys hy jou presies watter stappe jy nou al kan neem om jou kind se toekoms te verseker.
Spreker: Durandt Serfontein
Durandt Serfontein is die besigheidontwikkelingsbestuurder by Blignaut BlueStar Finansiële Adviesdienste. Hy is ʼn trotse oudleerling van Hoërskool Zwartkop en ʼn alumnus aan die Noordwes-Universiteit (NWU), waar hy ʼn BCom-graad in Ekonomie en Risikobestuur voltooi het. Durandt beskik ook oor drie nagraadse diplomas nl. Besigheidsbestuur, Finansiële Beplanning en Beleggingsbeplanning. Hy is passievol daaroor om mense te help om hul volle potensiaal te bereik en streef daarna om ander se groei en ontwikkeling te bevorder. Durandt het ʼn diep liefde vir Suid-Afrika en glo vas in die land se potensiaal en blink toekoms.