Help jou kind om hoërskool met selfvertroue aan te pak deur ons gratis webinaar saam met Hanlie Boshoff by te woon!
Sy deel praktiese wenke oor tydbestuur, hoe om vriende te maak en die hantering van groepsdruk. Registreer nóú en gee jou kind die beste kans op ʼn suksesvolle hoërskoolloopbaan!
Bespreek jou sitplek hier:
Spreker:
Hanlie Boshoff is ʼn gesertifiseerde kliniese traumakenner met uitgebreide ervaring in oefeninge vir trauma- en spanningvrylating, pastorale narratiewe terapie en jeugbediening.
Met kwalifikasies soos ʼn BCom-graad in Personeelbestuur en Bedryfsverhoudinge, asook voortgesette opleiding in kliniese praktyke, het sy ʼn passie om gesinne en gemeenskappe deur terapeutiese ingrypings te ondersteun. Haar praktiese ervaring en toewyding maak van haar ʼn dinamiese bydraer tot die verbetering van ander se lewens.