Jy staan op die punt om jou studie te voltooi en is gereed om jou loopbaan in die finansiële bedryf te begin – maar hoe kry jy die selfvertroue en vaardighede om in die regte wêreld uit te blink?
Die Solidariteit Finansiesnetwerk se slypskool is hier om jou daardie hupstoot te gee! Ons bied ʼn praktiese, doelgerigte slypskool aan wat jou help om jou kennis in die praktyk toe te pas!
Met 11 pasgemaakte modules, insluitend eksklusiewe bankgesprekke met kenners, praktiese voorbeelde en aflaaibare template, gaan jy leer wat regtig saak maak in die finansiële wêreld.
WAT BIED DIE SLYPSKOOL JOU?
vind uit wat presies jou rol behels en hoe jy ʼn impak kan maak.
kry wenke oor strategiese bestuur en kontantvloei.
ontdek hoe finansiële data besluite beïnvloed en waarom dit saak maak.
verstaan hoe belasting werk en hoe om dit reg te doen.
leer hoe om slim finansiële besluite te neem.
verken top- rekeningkundige sagteware soos Sage en QuickBooks.
sien hoe tegnologie ʼn revolusie in finansies teweegbring.
bou bande met sleutelspelers in die bedryf.
ʼn hupstoot – werk soos ʼn “pro” met Excel, Word en Outlook.
die truuks van die bedryf wat jy net deur ervaring kan opdoen.
Moenie wag tot jy in die werkplek is om hierdie dinge aan te leer nie – slyp jouself nou al!