Jou studie is byna voltooid en jy is gretig om die regswêreld te verower, maar die onbekende bly steeds onseker en oorweldigend. Met die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool wat nou aanlyn beskikbaar is, hoef dit nie te wees nie!

Met vyf kernmodules en verrykende werkwinkels wat jy in persoon kan bywoon, sal dié slypskool vir jou die gaping tussen akademie en praktyk vul, en jou praktykgereed maak.

Wat kan ek as voornemende kandidaatprokureur van die slypskool verwag?

Praktyk: Kernbeginsels en verwagtinge van ʼn kandidaatprokureur

Hofadministrasie en praktykbestuur: Jy kan uitsien na praktiese opleiding vir CaseLines en Court Online wat Gauteng se hoflêer-administrasie aanlyn hanteer. Verder kan jy algemene hoflêer-administrasie-wenke verwag.

Konsultasietegnieke en saakanalise: Praktiese wenke en riglyne oor hoe om konsultasie met kliënte te behartig, gepaard met behoorlike voorbereiding daarvoor. Basiese saakanalise riglyne.

Skryfvermoë: Verbeter jou skryfvermoë met ʼn omvattende raamwerk en wenke van hoe om skrywes te benader en op te stel.

Goue reëls en etiek: Kry die moets en die moenies van die hof en praktyk onder die knie.

KYK HIER

Slyp jouself vir sukses in die praktyk.
Skryf vandag in vir die Regsnetwerk se slypskool.
Slypskool-Praktykgereed