Die Departement van Gesondheid wil Somatologie onder die Raad vir Verwante Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (AHPCSA) plaas. Dit beteken jy en jou salon sal onder streng gesondheidsregulasies val – regulasies wat vir dokters bedoel is, nie vir skoonheidspesialiste nie.
Hierdie sogenaamde “professionele regulering” klink goed, maar hou groot risiko’s in:
- Duur lisensies en verpligte registrasie as ʼn
- ʼn Verbod of beperking op mikronaald-, afskilferings- en laserbehandelings, asook permanente grimering.
- Gedwonge sluiting van kleinsakeondernemings, wat tot duisende werksverliese van skoonheidsterapeute kan lei.
Beskerm die skoonheidsbedryf teen onnodige staatsinmenging!