Droom jy as jong werkende van ʼn tyd wat jy die lekker dinge van die lewe kan geniet sonder om jou sente twee keer om te draai?

Jy is gelukkig nie alleen nie! Solidariteit Jongwerkende bied ʼn gratis begrotingstemplaat en webinaar spesifiek vir jou aan om as wegspringplek op jou reis na finansiële onafhanklikheid te gebruik. Op 20 April 2023 hou ons ʼn interaktiewe sessie met ʼn begrotingsboffin en jy kan vanaf enige plek gratis daarop inskakel.

Dié sessie gaan jou glad nie met inligting oorweldig nie. Ons wil jou help en met praktiese voorbeelde bemagtig. Moenie wag nie!

Ons almal weet – van uitstel kom afstel.

Hierdie vorm is tans gesluit.