Die einde van jou kind se skoolloopbaan is nie net ʼn emosionele mylpaal wat bereik word nie, maar ook een van die grootste finansiële oorgange wat ʼn gesin ervaar.

Vir baie ouers begin vrae soos hoe gaan ons verdere studies bekostig, waarvoor moet ons nou al beplan, en wat gebeur as dinge nie volgens plan verloop nie sodra die matrieksertifikaat in sig kom.

Buiten studiegeld is daar verskeie ander uitgawes, kontantvloeidruk en onvoorsiene gebeurtenisse wat ʼn jong mens se studie of toekomstige loopbaanpad kan beïnvloed.

Is jou gesin gereed vir die finansiële verantwoordelikhede ná skool?

By Solidariteit se gratis #Studiebefondsing-webinaar help ons ouers om met groter sekerheid, beter voorbereiding en meer gemoedsrus vir hul kinders se toekoms te beplan.

Tydens hierdie gratis webinaar ontdek jy:

Bespreek jou plek hier:

Studiebefondsings-webinaar-2026
Checkboxes

Spreker: Durandt Serfontein

Durandt Serfontein is die besigheidsontwikkelingsbestuurder by Blignaut BlueStar Finansiële Adviesdienste. Hy is ʼn trotse oudleerling van Hoërskool Zwartkop en ʼn alumnus aan die Noordwes-Universiteit (NWU), waar hy ʼn BCom-graad in Ekonomie en Risikobestuur voltooi het. Durandt beskik ook oor drie nagraadse diplomas nl. Besigheidsbestuur, Finansiële Beplanning en Beleggingsbeplanning. Hy is passievol daaroor om mense te help om hul volle potensiaal te bereik en streef daarna om ander se groei en ontwikkeling te bevorder. Durandt het ʼn diep liefde vir Suid-Afrika en glo vas in die land se potensiaal en blink toekoms.

Belangrike vrae en antwoorde: