Die keuse van vakke in die hoërskool is een van die eerste belangrike rigtingwysers op jou kind se loopbaanpad. Maar hoe weet jy of jy en jou kind die regte keuses maak?
Skakel in by Solidariteit se gratis #Vakkeuse-webinaar, aangebied in samewerking met Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding. Hier kry julle praktiese raad en insig om ingeligte, toekomsgerigte vakkeuses te maak.
Hierdie vorm is tans gesluit. Jy het ʼn gratis Solidariteit-profiel nodig om na die webinaar te kan kyk. Klik hier indien jy nog nie ʼn profiel het nie: https://aanlyn.solidariteit.co.za/
*Die webinaar word op 22 Mei om 19:00 regstreeks vanaf Solidariteit se platform uitgesaai.
Om in te skakel, registreer jou gratis profiel hier.
Elana Kriel is ’n geregistreerde opvoedkundige sielkundige met uitgebreide ervaring in onderwys, terapeutiese ondersteuning en loopbaanvoorligting. Sy het onder meer ’n MEd-graad in Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, asook verskeie ander opvoedkundige kwalifikasies (waaronder ’n Bed-graad in Skoolvoorligting van UNISA). Sy is deel van Akademia se studenteondersteuningspan waar sy voornemende en ingeskrewe studente help met vakkeuses en emosionele welstand. Met haar agtergrond in spesiale onderwys en hoër onderwys bring sy praktiese insig en ’n passie vir die begeleiding van jongmense en ouers.