Jou kind se toekomsdrome word gebou op ʼn fondasie van vakkeuses wat hulle nodig het om daardie drome te kan verwesenlik. Solidariteit, Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding (BKO) bou saam met jou as ouer hierdie legkaart. Ons pak saam met Elana Kriel die stukkies uit, en skep vir jou en jou kind ʼn prentjie van kwalifikasies, instellings, toelatingsvereistes en uiteindelik, vakkeuses wat hierdie legkaart vorm.
Kom gesels saam met Elana Kriel oor: • watter tipe kwalifikasies daarbuite nodig is; • waar jou kind kan studeer; • wat die toelatingsvereistes vir spesifieke kwalifikasies is; en • watter vakke jou kind op skool moet kies om hul drome te verwesenlik.
Bespreek jou sitplek hier:
*Die webinaar word op 21 Mei om 19:00 regstreeks vanaf Solidariteit se platform uitgesaai. Om in te skakel, registreer jou gratis profiel hier.
Spreker
Elana Kriel is ’n geregistreerde opvoedkundige sielkundige met uitgebreide ervaring in onderwys, terapeutiese ondersteuning en loopbaanvoorligting. Sy het onder meer ’n MEd-graad in Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, asook verskeie ander opvoedkundige kwalifikasies (waaronder ’n BEd-graad in Skoolvoorligting aan Unisa). Sy is deel van Akademia se Studenteondersteuningsdienste-span waar sy voornemende en ingeskrewe studente help met vakkeuses en emosionele welstand. Met haar agtergrond in spesiale onderwys en hoër onderwys bring sy praktiese insig en ’n passie vir die begeleiding van jongmense en ouers.