Vereer ʼn verpleegkundige:
Nomineer ʼn kandidaat as VerpleegSTER van die jaar!
Verpleegkundiges is onbaatsugtig, toegewyd en passievol. Hul bereidwilligheid om pasiënte te versorg is edel en hul hart vol omgee is inspirerend.

Verpleegkunde is ongetwyfeld een van die uitdagendste beroepe. Daarom is die gesogte VerpleegSTER van die Jaar-toekenning weer hier om verpleegkundiges vir hul passie, ywer en onbaatsugtigheid te vereer.

Ken jy ʼn verpleegkundige wat met sorgsame hande en groot kundigheid daagliks omsien na die gesondheid van sy of haar pasiënte?

Wys jou waardering en nomineer vandag die verpleegkundige wat jou of ʼn geliefde met deernis en empatie versorg het.
Die nominasies is tans gesluit.