

Skoolfonds is altyd ʼn groot uitgawe, maar Solidariteit en Virseker is hier om jou te help! Neem deel aan die kompetisie en staan ʼn kans om R10 000 vir jou kind se skoolfonds (van kleuterskool tot hoërskool) of vir hul klasgeld op universiteit te wen. Dis vinnig, dis maklik en beslis die moeite werd! Maak seker jy neem deel – elke bietjie help!
Hoe werk dit?
Beantwoord hierdie vraag uit die onderstaande artikel:
Watter bedrag het die Virseker Trust tot
dusver in Afrikaanse onderwysprojekte belê?
Solidariteit en Virseker bou saam aan die toekoms van Afrikaans
Deur Ané Janse van Rensburg
Solidariteit en Virseker se baanbrekersamewerking word reeds jare lank bevestig met beide organisasies wat die toekoms van Afrikaanse onderwys en kultuur bevorder. Hierdie ooreenkoms gee nie net miljoene rande se befondsing vir verskeie Afrikaanse onderwysprojekte nie, maar bevestig ook die verbintenis van beide instellings tot die bevordering van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.
Die Virseker Trust wat in 2011 gestig is, fokus uitsluitlik op die ondersteuning en bevordering van Afrikaanse opleiding. Hierdie projekte sluit in studielenings, die bou van Akademia, onderwyser-opleidingseminare en ondersteuning aan minderbevoorregte skole.
“Die Virseker Trust het tot op hede R154 miljoen in Afrikaanse onderwysprojekte belê. Dit is ons voorneme om tot 2030 bykans R1 miljard uit die trust te mobiliseer,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en voorsitter van die Virseker Trust.
Een van die belangrikste inisiatiewe van die trust is die Virseker Studiefonds wat rentevrye studielenings aan behoeftige studente bied. Dit is die voortgesette ondersteuning van Virseker-polishouers wat hierdie visie bemagtig om voort te leef en vir honderde Afrikaanssprekende studente die voorreg gee om onderrig in hul moedertaal te kan kry. Hierdie fonds word deur Solidariteit Helpende Hand geadministreer en verseker dat studente wat andersins nie die nodige fondse sou hê nie, steeds toegang tot gehalte-onderwys kan kry.
“Nie net word polishouers se motors en huisinhoud verseker nie, maar ook ʼn toekoms vir Afrikaans,” sê dr. Hermann.
Hierdie samewerking met Virseker is ʼn mylpaal vir Afrikaanse opleiding en met voortgesette ondersteuning kan die Afrikaanse gemeenskap uitsien na ʼn blink toekoms waarin hul taal en kultuur floreer.
Omdat elke Virseker-polishouer ook aan ʼn voorspoedige toekoms vir Suid-Afrika help bou, moedig Solidariteit alle lede en nie-lede aan om saam met ons hande te vat met Virseker.
“Indien die kwotasie jou sak pas en jy ʼn polis uitneem, help jy dadelik om aan ʼn toekoms vir Afrikaans te bou. Elke Virseker-polishouer help ons bou aan die toekoms,” sê dr. Hermann.