

Al toekoms waarvan ons kan seker wees, is die een wat ons self bou!
Een ding wat Solidariteit en Virseker gemeen het, is dat die uitbou en behoud van Afrikaans ononderhandelbaar is! Albei instellings wy hulself daagliks daaraan toe om in die Afrikaanse gemeenskap te belê en leefruimtes te vestig. Die bou van kennisinstellings is egter in die krag van die gemeenskap geleë, daarom het Solidariteit en Virseker kragte saamgespan en hulle maak nou deur hul samewerkingsooreenkoms van elke polishouer ʼn toekomsbouer.
Dié samewerkingsooreenkoms behels dat ’n persentasie van elke Virseker-polishouer se maandelikse premie aan die Virseker Trust toegeken word om by te dra tot projekte wat ten doel het om Afrikaans uit te bou en te behou.
Die Virseker Trust bied ondersteuning aan:
- behoeftige studente deur middel van jaarlikse rentevrye studielenings – die Virseker Studiefonds word deur Helpende Hand Studietrust geadministreer;
- die bou van Akademia – Akademia is ʼn Afrikaanse, Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe;
- die Skoleondersteuningsentrum (SOS) – die bou van ʼn gemeenskapsnetwerk van uitnemende Christelike Afrikaanse Onderwys vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap deur die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS);
- Weet – ʼn inisiatief van Maroela Media, wat ʼn aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids is wat leerders met projekte bystaan; en
- behoeftige skole met befondsing via die Skoleondersteuningsentrum en KaapseForum.
Verseker dus jou toekoms met ’n polis by Virseker.
Klik hier vir jou gratis kwotasie