Die sielkunde van verkope!

Verkope is die hartklop van jou besigheid en om ’n sukses in jou veld te wees, het jy die regte strategieë en insigte nodig! Solidariteit nooi jou uit na die eerste #VlymskerpVerkope-webinaar wat op 13 Maart 2025 om 13:00 aangebied word met Fergus Ferguson as spreker.

Kom slyp jou verkoopsvaardighede! Registreer en leer meer oor hoe jy jou verkoopstegnieke kan slyp, strategieë kan verbeter en jou besigheid se wins kan groei.

DATUM:

Donderdag, 13 Maart 2025

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op Microsoft Teams

Fergus Ferguson is ’n ervare besigheidsafrigter en strategie-kundige met dekades se ondervinding in finansies, bemarking en besigheidsontwikkeling. Sy loopbaan het hom van finansiële bestuur tot strategiese verkope geneem, met sleutelrolle by maatskappye soos Denel Informatics en GeoWorld. Sedert 2000 lei hy sy eie konsultasiepraktyk, Ferguson Consulting, en werk hy saam met groot instellings soos KPMG en SAB&T.

As die enigste Suid-Afrikaanse konsessiehouer van ActionCOACH en Gazelles, help Fergus besighede om hul verkoopsprosesse te slyp, spanbemagtiging te bevorder en winsgewendheid te groei. Sy kundigheid in besigheidsafrigting en -redding maak hom ’n gesogte mentor vir entrepreneurs en professionele persone wat hul verkoopstrategie na die volgende vlak wil neem.

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Die vorm is tans gesluit.

Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:

Sessie 6: Donderdag 22 Oktober 2024 Spreker: Marisa Engelbrecht van Solidariteit

Tema: Konflik en konflikbestuur in die werkplek