Die effektiewe strukturering van jou verkope
Hoe beplan en bestuur jy jou verkoopsprosesse sodat elke interaksie met ʼn potensiële kliënt ʼn stap nader aan sukses is?
Kom slyp jou verkoopstrategie op 8 Mei 2025 om 13:00 saam met Francois Haarhoff, ʼn gesoute sakeleier en konsultant met ʼn bewese geskiedenis in groei en die winsgewendheid van ondernemings.
DATUM:
Donderdag, 8 Mei 2025
TYD:
13:00
DUUR:
30 minute
KOSTE:
Gratis
PLEK:
Aanlyn op Microsoft Teams
Francois Haarhoff is ʼn ervare uitvoerende hoof en besturende direkteur met ʼn indrukwekkende geskiedenis van suksesvolle groei- en ontwikkelingsprojekte. As ʼn gesoute sake- en bestuurskonsultant het hy verskeie ondernemings gehelp om hul winsgewendheid te verbeter en hul personeel te ontwikkel.
Met sy kundigheid in besigheidstrategie, bemarking, onderhandelinge, verkoopsbestuur, sagteware-ontwikkeling en kliënteverhoudingsbestuur (CRM), is Francois ʼn leier met ʼn sterk entrepreneursgees en ʼn passie vir die sistemiese groei van ondernemings.
Hy is die stigter van Quadrivium Solutions, wat in 2002 as ʼn bemarkingskonsultasiemaatskappy begin het en later tot die moedermaatskappy van Accrete CRM ontwikkel het. Gedurende sy loopbaan het hy verskeie ondernemings bestuur wat hom diepgaande insig in verskeie bedrywe en sakemodelle gegee het.
Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Die vorm is tans gesluit.