In ʼn wêreld waar sosiale media en kunsmatige intelligensie elke aspek van bemarking en verkope verander, moet jou strategie vlymskerp wees!
Kom gesels op 10 Julie 2025 om 13:00 met Magriet Groenewald, ervare entrepreneur en sosialemedia-bemarkingstrateeg, oor hoe jy sosiale media en kunsmatige intelligensie by jou verkoopstrategie kan integreer.
Sluit aan by die sessie en ontdek die volgende:
- Hoe om jou sosialemediaplatforms slim en strategies aan te wend
- Praktiese wenke om KI doeltreffend in te span by jou verkoopsproses
- Hoe om jou kliënt se pad te verstaan en in jou guns te gebruik
Magriet help weekliks honderde mense om hulle handelsmerke op sosiale media op te bou – nou is dit jóú beurt!
Magriet Groenewald
Magriet Groenewald is ’n entrepreneur, sosialemedia-bemarkingstrateeg en stigter van haar eie aanlyn besigheidskool, Magriet.co.
Sy help weekliks honderde entrepreneurs, sosialemedia-beïnvloeders en sake-eienaars om hul handelsmerke te bou en hul besighede winsgewend aanlyn te laat groei.
Magriet is passievol daaroor om komplekse bemarking eenvoudig, uitvoerbaar en doelgerig te maak sodat haar kliënte meer mense kan bereik en meer verkope kan genereer.
Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Die vorm is tans gesluit.