Hoe beïnvloed wêreldgebeure jou maatskappy?

Sluit aan by ons werkgewerskongres en word deel van die gesprek!

Hierdie jaar besin ons oor wêreldgebeure en die impak daarvan op jou onderneming. Is dit dalk tyd om jou strategiese doelwitte vir volhoubare groei en werkskepping te hersien? Sluit aan by ons werkgewerskongres en word deel van die gesprek!

Meer besonderhede oor die geleentheid:

DATUM:

2 September 2025

TYD:

07:30 vir 08:00 (ontbyt word voorsien)

PLEK:

Die Kraal, Sol-Tech, Duinlewerikstraat 16, Monumentpark X15 (langs die Waterkloof Lugmagbasis)

WIE:

Bestuur en mensehulpbronbestuurders

RSVP:

Voor of op 28 Augustus 2025

Hoogtepunte van die kongres

Sprekers op die dag:

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) – gesels oor die Suid-Afrikaanse-landskap en die impak van gebeure op werkgewers.

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit – gesels oor die internasionale landskap en die impak van gebeure op werkgewers.

Netwerkgeleentheid met rolspelers in die bedryf.

Neem asseblief kennis: Weens beperkte spasie kan slegs twee verteenwoordigers per organisasie geakkommodeer word.

Bevestig jou plek deur die volgende vorm te voltooi:

Die vorm is tans gesluit.

Die vorm is tans gesluit.