Hoe beïnvloed wêreldgebeure jou maatskappy?
Sluit aan by ons werkgewerskongres en word deel van die gesprek!
Hierdie jaar besin ons oor wêreldgebeure en die impak daarvan op jou onderneming. Is dit dalk tyd om jou strategiese doelwitte vir volhoubare groei en werkskepping te hersien? Sluit aan by ons werkgewerskongres en word deel van die gesprek!
Meer besonderhede oor die geleentheid:
DATUM:
16 Oktober 2025
TYD:
9:30 vir 10:00 (verversings word voorsien)
PLEK:
Akademia se Paarl-kampus, Bredastraat 1, Esterville, Paarl
WIE:
Bestuur en mensehulpbronbestuurders
RSVP:
Voor of op 6 Oktober 2025
Hoogtepunte van die kongres
Sprekers op die dag:
Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) – gesels oor die wêreldlandskap en die impak van gebeure op werkgewers.
Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia – gesels oor die toekoms van Akademia en waarom ons aanhou bou.
Netwerkgeleentheid met rolspelers in die bedryf.
Neem asseblief kennis: Weens beperkte spasie kan slegs twee verteenwoordigers per organisasie geakkommodeer word.