PRETORIA
DATUM:
1 September 2026
TYD:
07:30 vir 08:00
PLEK:
Die Kraal, Sol-Tech, Duinlewerikstraat 16, Monumentpark X15
RSVP:
Voor of op 27 Augustus 2026
WES-KAAP
DATUM:
7 Oktober 2026
TYD:
09:30 vir 10:00
PLEK:
Akademia se Paarl-sentrum, Bredastraat 1, Esterville, Paarl
RSVP:
Voor of op 28 September 2026
Van krisis tot koers – werkgewers se strategie vorentoe
Hierdie kongres bied vir werkgewers ʼn gestruktureerde en insiggewende reis deur die realiteite wat ondernemings tans in die gesig staar, en kyk ook na die strategiese planne wat geïmplementeer moet word om ’n volhoubare toekoms te bou.
Hoogtepunte van die kongres:
Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan gesels oor die realiteite van die huidige wêreld. Hierdie sessie plaas die werkplek en arbeidsmark binne ’n groter konteks en skep ’n realistiese vertrekpunt vir strategiese besluitneming.
Juanita Vorster, ʼn ervare strategiese adviseur, gaan die gesprek verder neem en uitbrei oor die tema van realiteit na strategie, en die koers vir die pad vorentoe. Deelnemers word bekendgestel aan praktiese strategie-elemente wat fokus op aanpasbaarheid, besigheidsvolhoubaarheid, mensekapitaal en die ontwikkeling van vaardighede wat relevant bly in ’n veranderende wêreld.
Die werkgewerskongres is ideaal vir werkgewers en bestuurders asook
talentbestuurders en sake-eienaars.
Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul:
Neem asseblief kennis:
Weens beperkte spasie kan slegs twee verteenwoordigers
per organisasie geakkommodeer word.