Bemeester jou werksonderhoud!

27 Maart 2025 | 12:00 – 13:00

Slaan jou onderhoud vir ʼn ses! Skryf in vir Solidariteit se webinaar oor onderhoude en leer hoe om jou volgende onderhoud met selfvertroue aan te pak! Berei voor soos ʼn boffin, bly gefokus soos ʼn atleet en vat die res van die kandidate verby!  

Bemeester jou volgende onderhoud!

Bespreek vandag nog jou sitplek:

Die vorm is tans gesluit.

SPREKER: Jackie Bedeker 

Jackie Bedeker is die eienaar van Pillangó Placements, ’n werwingsagentskap met meer as 25 jaar se ervaring. Haar agentskap, gebaseer in Pretoria, doen landswyd personeelplasings en is ’n trotse lid van APSO, wat hoë standaarde en etiese werwingspraktyke bevorder. Jackie is passievol daaroor om mense te help om hul potensiaal te ontsluit en die regte loopbaangeleenthede te vind. Sy fokus daarop om die werwingsproses so doeltreffend en frustrasievry as moontlik vir beide werkgewers en kandidate te maak.

Ons gesels in die sessie oor die volgende:

Berei só voor vir jou onderhoud

Alles wat jy oor aanlyn onderhoude moet weet

Moets en moenies, en wenke

Vrae wat jy kan verwag

Jou lyftaal in die onderhoud

Jou kleredrag vir die onderhoud