Sluit aan in 1 minuut

Voltooi die volgende vorm om binne een minuut by die vakbond Solidariteit aan te sluit.

Solidariteit-lidmaatskap kos R190  per maand.

Lees hier meer oor die voordele van lidmaatskap.

Vir navrae, stuur ʼn e-pos aan diens@solidariteit.co.za

1 minuut aansluiting - Afrikaans
Hiermee gee ek toestemming dat Solidariteit my mag kontak

Skakel 0861 25 24 23 en sluit telefonies aan.

Vul die aanlyn-aansluitingsvorm in.
Klik hier.

Laai die vorm af (klik hier) en faks
terug na 012 349 9541

SMS die woord LID na 34802 en
ons skakel jou terug.

Skakel of besoek jou naaste Solidariteit-kantoor om aan te sluit. Klik hier.
Stuur vir ons ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za

Mense betaal honderde rande per maand vir korttermynversekering. Dit is vir ingeval jy die dag in ʼn ongeluk beland of iets word gesteel. Jy benodig dit nie elke dag nie en tog het jy dit, want jy kan nie bekostig om daarsonder te wees nie. Is jou werk nie belangriker as ‘n TV-stel of selfoon nie?

Daar is baie dinge wat elke dag in die werkplek gebeur waarvoor werknemers dikwels skielik arbeidsregsadvies benodig. Solidariteit het die grootste arbeidsregspraktyk in Suid-Afrika met drie gespesialiseerde afdelings.

Solidariteit streef daarna om Suid-Afrika se werkplekke gesonder en veiliger te maak. Solidariteit het ʼn gespesialiseerde afdeling wat werknemers wat aan diens beseer word of ‘n beroepsiekte opdoen bystaan met die eis proses by die Vergoedingskommissaris. Die afdeling ondersoek talle gevalle waar ongelukke wel in by die werkplek plaasvind en maak voorstelle om veiligheidsrisiko’s te verminder. Solidariteit se algemene litigasie- en arbeidshofafdelings hanteer op enige gegewe tydstip tot soveel as 2 500 sake namens beide individuele en kollektiewe lede. Die algemeenste navrae en sake waarby Solidariteit betrokke raak is by sake van onbillike regstellendeaksie en diskriminasie, dissiplinêre verhore en sake van onbillike ontslag, afleggings en die verskaffing van arbeidsregsadvies oor basiese diensvoorwaardes.

Daarbenewens het Solidariteit besluit om ‘n reusetree die toekoms in te gee en ‘n nuwe netwerk van werk te bou. Ons gaan hier bly, maar ons gaan nie stilbly nie. Ons gaan veg en bou. Die Solidariteit Netwerk gaan nie soos vakbonde dwarsoor die wêreld die veranderingsgety probeer terugdruk nie; ons gaan eerder die veranderingsgolf ry en ons lede en die gemeenskap toerus om sterker in die nuwe wêreld van werk te wees. Solidariteit bou aktief kennisfabrieke wat sy lede gaan toerus om die oorlog vir goeie werk te wen. Nuwe netwerke van beroepsgildes gaan mense aan mekaar koppel, gaan jongmense help om toegang tot die werkplek te kry, gaan help met voortgesette opleiding, en gaan opstaan vir die belange van die beroep.

Volle Solidariteit-lidmaatskap tref ‘n onderskeid tussen kollektiewe en individuele lede

  • Kollektiewe lede

    Werknemers wat by groot maatskappye werk waar Solidariteit reeds ʼn kollektiewe ooreenkoms het, of by maatskappye wat in groepverband bedien word en deur Solidariteit as kollektief geag word. Kollektiewe lede se Solidariteitlidmaatskapfooi word direk deur die werkgewer van hulle salarisse afgetrek en aan Solidariteit oorbetaal. Lede word ook outomaties deur middel van hul beroepsveld in ‘n Solidariteit-gilde geplaas

  • Individuele lede

    Solidariteit is die enigste arbeidsinstelling in Suid-Afrika wat ʼn toegewyde afdeling vir individuele lede het. Individuele lede is werknemers wat by maatskappye werk waar Solidariteit nie ʼn erkenningsooreenkoms het nie en lede nie in groepverband bedien word nie. Individuele lede se Solidariteit-lidmaatskapfooi word per debietorder, direk van die werknemer se bankrekening afgetrek. Lede word ook outomaties deur middel van hul beroepsveld in ‘n Solidariteit-gilde geplaas.

    Ondersteuningslede

  • Boufonds-lede

    As ‘n Boufonds-lid ondersteun jy die Solidariteit Beweging met die oprigting van opleidingsinstellings. Boufonds-lidmaatskap is ‘n vrywillige bydrae van jou keuse; gevolglik is die voordele van Boufonds-lidmaatskap beperk en is die arbeidsregsadviesvoordele van Solidariteit-lidmaatskap daarvan uitgesluit. As Boufonds-lid help jou bydrae om opleidingsinstellings soos Akademia en Sol-Tech te bou en sodoende monumente vir ons nageslag agter te laat.

  • Regsfonds-lede

    As ‘n Regsfonds-lid ondersteun jy Solidariteit Beweging in sy stryd teen regstellende aksie en verseker so dat jy en jou kinders nie op grond van ras beoordeel word nie, maar op grond van jul vaardighede. So verseker ons dat jou toekoms en die toekoms van jou kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees. Al hierdie regskoste kan nie deur Solidariteit-lidmaatskapgelde gedek word nie, dus het die Solidariteit Beweging die Regsfonds geskep en die publiek se ondersteuning word gevra om hierdie sake finansieel moontlik te maak.

ʼn Lid van Solidariteit is deel van ʼn baie groter NetWerk van werk. Dit is baie groter as net ʼn tradisionele vakbond omdat jy toegang tot soveel meer voordele en beskerming geniet.

By Solidariteit word daar met ywer gewerk en gedroom om die geleenthede vir opleiding selfs verder uit te brei. As deel van die jaarlikse ledegeldverhoging vir Solidariteit-lede is daar ʼn spesifieke fokus op die befondsing van opleidingsinisiatiewe en beursfondse geplaas.

Die lidmaatskapfooi vir kollektiewe lede word direk deur werkgewers van die werknemers se salarisse verhaal. Die lidmaatskapfooi vir individuele, Boufonds- en Regsfonds-lede word per debietorder, direk van die lid se bankrekening verhaal en beloop.

Die kansellering van Solidariteit-lidmaatskap is onderhewig aan 30 dae skriftelike kennisgewing wat regstreeks aan die vakbond gestuur moet word. kansellasies@solidariteit.co.za