Die vlakke van korrupsie en wanbesteding by staatsinstellings vier hoogte en die skuldiges moet.
Die regering is rasmal en Solidariteit sal die regering se rasmalheid tot in die hoogte hof.
Hou korrupte persone aanspreeklik vir die belastingplundery van jou swaarverdiende geld.
Ons kinders moet vry, veilig en voorspoedig sonder die staat se inmenging kan skoolgaan.
Die belastingseisoen is weer hier, maar voordat jy in ʼn koue sweet uitslaan omdat jy nie vanjaar se strokies gebêre het nie of nog nooit met belasting gewerk het nie, haal diep asem … jy kan dit doen!
Op 24 Julie 2024 kan jy in die gemak van jou huis by ons gratis interaktiewe sessie oor belasting inskakel. Ons belastingboffin gaan jou alles leer wat jy oor belasting moet weet en jou stap vir stap deur die proses help.
As jy ʼn besige jong werkende is, is die SAID se eFiling-diens ʼn ideale diens vir jou! Dit is ʼn aanlyn stelsel wat jou in staat stel om jou opgawes 24 uur per dag, sewe dae per week veilig en baie maklik in te dien. Dit spaar jou tyd en die irritasie van ʼn magdom papierwerk en lang toue.
Belastingopgawes moet vanaf 15 Julie tot 21 Oktober 2024 ingedien word.
Danksy Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap kan dit ʼn vinnige en moeitelose proses wees.