Bemarking-sonder-brieke is terug!

Solidariteit bied vir die derde jaar Bemarking-sonder-brieke aan vir skole. Aangesien die bemarkingswêreld gereeld verander en groei, is daar besluit om die opleiding vanjaar anders aan te bied.

Dit word vanjaar as ʼn reeks aangebied waar jy as bemarker kan kies watter opleiding jou gaan bemagtig.

Bemarking is ʼn universele sleutel wat soveel deure vir jou skool kan oopmaak en jou help om ʼn verskil te maak, ongeag hoe klein of groot jou skool is.

Indien jy op enige manier by jou skool se bemarking betrokke is, is hierdie eksklusiewe geleentheid net vir jou! Dit is ʼn geleentheid wat jy nie moet misloop nie.

Kom leer by ʼn verskeidenheid van kenners uit die beroep, onder andere dr. Ronel van Vuuren en André Oberholzer van Market My School. Dit is net ʼn paar van die kenners waarna jy kan uitsien.

Hieronder is die sessies wat jy kan bywoon

(daar kan meer as een kan bygewoon word):

*Na afloop van registrasie sal jy ʼn Teams-skakel vir elke opleidingsessie ontvang.

Finaliseer die RSVP hier deur die volgende vorm in te vul:

Bemarking Sonder Brieke 2023
Kies uit die onderstaande sessies wat jy graag wil bywoon
B&V