Ons soek nie ’n tydelike verslapping van rassewette nie. Nee! Ons soek ’n permanente afskaffing daarvan. Saam met jou veg Solidariteit sonder ophou en met groot sukses, op internasionale vlak, teen ons regering se rasmalheid! Die Suid-Afrikaanse regering moet hul rassewette nou in November aan die Verenigde Nasies (VN) gaan verduidelik. Solidariteit is uitgenooi om ook in November in Geneva by die VN te verskyn as deel van die proses. Ons veg voort en harder. Ons eis nou ’n einddatum vir rastellende aksie!

Tot op hede het ons saam met jou die volgende oorwinning behaal:

Die Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) het formeel kritiek uitgespreek op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie.

Die SAMRK bevind dat die Wet op Gelyke Indiensneming gewysig moet word, weens onregmatige regstellendeaksie-wetgewing.

Suid-Afrika se rassebeleid gaan amptelik deur die Verenigde Nasies se arbeidsagentskap ondersoek word.

Die nuwe wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming het nie vanjaar in werking getree nie.

Hierdie keer vra ons duidelik: Rassewette moet stop, en om sukses te behaal, moet ons plaaslike steun kan toon. Daarom kort ons honderde duisende mense wat opstaan en saamstaan en sê: Die tyd is nóú.

0
NOU
0
OOR 5 JAAR
0
OOR 10 JAAR

LAAT JOU STEM HIER TEL:

CERD 2023

Die Suid-Afrikaanse regering dien sy periodieke verslag in en Solidariteit ʼn skaduverslag by CERD (Genève, Switserland), ʼn komitee van die VN wat gemoeid is met die uitskakeling van rassediskriminasie.

2015

Ná die indiening van ʼn amptelike klag by CERD pak Solidariteit vir die eerste keer die Suid-Afrikaanse regering op ʼn sitting van die Verenigde Nasies (VN) oor die regering se beleid van rassekwotas in die werkplek.

2016

ʼn Groot deurbraak is behaal in ons stryd teen die regering se rassebeleid. CERD het in ʼn verslag kritiek uitgespreek op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie. Na aanleiding van die CERD-verslag het Solidariteit die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gevra om wette oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie formeel te ondersoek. In Mei 2017 dien Solidariteit sy klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

2017

ʼn Reuse-oorwinning is behaal toe die SAMRK in sy gelykheidsverslag bevind het dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word omdat SA se regstellendeaksie-wetgewing onregmatig is.

2018

Na aanleiding van die SAMRK se aanbevelings versoek Solidariteit in die arbeidshof in Johannesburg dat sekere dele van wetgewing oor regstellende aksie ongrondwetlik verklaar word en dat die Wet op Diensbillikheid gewysig word. Die regering het egter geweier om die SAMRK se aanbevelings te implementeer.

2019

Solidariteit dien Suid-Afrika se rasmalheid ʼn uitklophou toe. Op 28 Julie 2021 het Solidariteit namens 300 000 mede-Suid-Afrikaners ʼn formele klag teen die regering se rassebeleid aanlyn by die Verenigde Nasies (VN) ingedien. Op 24 September 2021 het ʼn afvaardiging van Solidariteit na Genève vertrek om dié historiese klag in persoon in te dien en ons eerste gesprekke van aangesig tot aangesig met die IAO te voer.

Die ontmoeting met ʼn afvaardiging van die IAO was van onskatbare waarde. Ons doelgerigte gesprekke het bewustheid geskep en die realiteit tuisgebring dat Suid-Afrika se beleid nie met internasionale praktyke oor rassebeleid strook nie. Suid-Afrika se rasmalheid is aan die groot klok gehang.

 

 

 

2021

Op 30 Maart 2022 het ons terugvoer van die IAO oor ons klag ontvang, naamlik dat Suid-Afrika se rassebeleid amptelik deur die Verenigde Nasies se arbeidsagentskap ondersoek gaan word.

2022

Die nuwe Wysigingswet op Gelyke Indiensneming is op 6 April 2023 deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken. Solidariteit het geweier om dié rassewetgewing te aanvaar wat die privaat sektor sou kaap, beheer en tot niks reduseer, en beteken op 10 Mei 2023 sy hofstukke teen die wetgewing.

Op 22 Augustus verwelkom Solidariteit die Departement van Indiensneming en Arbeid se aankondiging dat die drakoniese wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming nie meer op 1 September 2023 in werking gaan tree nie.

2023

Op 22 Augustus verwelkom Solidariteit die Departement van Indiensneming en Arbeid se aankondiging dat die drakoniese wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming nie meer op 1 September 2023 in werking gaan tree nie.