Die vlakke van korrupsie en wanbesteding by staatsinstellings vier hoogte en die skuldiges moet.
Die regering is rasmal en Solidariteit sal die regering se rasmalheid tot in die hoogte hof.
Hou korrupte persone aanspreeklik vir die belastingplundery van jou swaarverdiende geld.
Ons kinders moet vry, veilig en voorspoedig sonder die staat se inmenging kan skoolgaan.
#StopRasmalheid
Solidariteit het groot sukses behaal om rassediskriminasie ʼn vuishou toe te dien. NÓÚ KOM DIE UITKLOPHOU!
Ná Solidariteit se laaste besoek aan die Verenigde Nasies in 2016, het die Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) beslis dat Suid-Afrika se wetgewing oor regstellende aksie aangepas móét word om aan internasionale konvensies te voldoen.
Ten spyte van die VN se bevinding is ras steeds die hoogste gesag in ons land. SA se arrogante obsessie met ras plaas ons nou in die sterk posisie om ʼn formele klag teen die Suid-Afrikaanse regering by internasionale owerhede, insluitend die VN en Europese parlemente te lê. Ons klag is gereed!
Solidariteit vra al lank dat sekere dele van wetgewing oor regstellende aksie ongrondwetlik verklaar word en dat die Wet op Diensbillikheid gewysig word. Eerskomende Woensdag in die Arbeidshof in Johannesburg sal daar na hierdie versoek geluister word vir oorweging. Dit kan die einde van regstellende aksie, soos dit tans daar uitsien, beteken.
Die hofaansoek van Solidariteit volg na ’n baie lang pad deur verskeie kanale.
Hier volg ’n tydlyn wat die lang kronkelpad na geregtigheid uitlig.
Ondersteun ons saak. Klik hier. Laai die massaklag af. Klik hier.
Die Suid-Afrikaanse regering dien sy periodieke verslag en Solidariteit ’n skaduverslag by CERD in (Genève, Switserland).
CERD is die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie, waarby lidlande moet verslag doen oor hulle vordering in hierdie verband.
Solidariteit en die Suid-Afrikaanse regering pak mekaar tydens ’n sitting van die VN se CERD-komitee oor die regering se beleid van rassekwotas in die werkplek.
Dit volg na die verslag wat sowat ’n jaar tevore deur Solidariteit by die VN ingedien is.
CERD spreek in ’n verslag kritiek uit op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie.
Volgens die verslag is CERD bekommerd daaroor dat Suid-Afrika in arbeidswetgewing gebruik maak van rasseklassifikasie eie aan die apartheidsera.
Solidariteit vra die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) om wette oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie formeel te ondersoek.
Dit volg nadat CERD in ’n verslag kritiek uitgespreek het op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie.
Solidariteit dien ʼn klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.
Volgens Solidariteit maak die regering hom skuldig aan onbillike rassediskriminasie en hy vra die IAO om dit te ondersoek en ʼn uitspraak daaroor te gee.
Solidariteit versoek in ’n massaklag dat CERD ʼn formele ondersoek loods deur inligting van organisasies soos die SAMRK asook die regering aan te vra en om ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om die situasie op grondvlak te ondersoek.
Indien CERD saamstem oor die substansie van Solidariteit se klag, kan die komitee aanbevelings aan die regering maak en/of die saak na die Veiligheidsraad van die VN verwys.
Die SAMRK bevind in ʼn verslag oor gelykheid dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word.
Dit beteken kortliks dat SA se regstellendeaksie-wetgewing onwettig is. Die MRK-verslag volg nadat Solidariteit ʼn verslag oor SA se regstellendeaksieprogram by CERD asook ʼn petisie by die SAMRK ingedien het.
Solidariteit versoek in die Arbeidshof in Johannesburg dat sekere dele van wetgewing oor regstellende aksie ongrondwetlik verklaar word en dat die Wet op Diensbillikheid gewysig word.
Die hofaansoek van Solidariteit volg na die SAMRK se bevinding dat sekere elemente van SA se regstellendeaksieprogram nie aan die Grondwet en internasionale regsverpligtinge voldoen nie.
Die SAMRK beveel aan dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word en dat die regering binne ses maande ná die uitreiking van die verslag terugvoering moet gee oor hoe die Wet verander gaan word, waaraan daar nie gehoor gegee is nie.